KRY ’N SPLINTERNUWE LYF
BINNE NET 12 WEKE

Vat die kilo’s vas. Begin vandag!

SKOP JOU VERSLANKINGSREIS AAN DIE GANG

Kry jou droomlyf met maklik volgbare, weeklikse oefensessies en ’n professioneel ontwikkelde eetplan. Weeklikse nuusbriewe met inkopielyste, motiverings en oefenwenke deur ons professionele afrigters en voedingkundiges is ingesluit.

12-weke-oefenplan deur ’n professionele afrigter ontwikkel

Geskik vir mans en vroue van alle ouderdomme en liggaamstipes

Kragoefeninge wat jy
tuis kan doen

Maaltydplanne en inkopielyste vir 12 weke, uitgewerk deur voorste dieetkundiges

Eenvoudige
aanwysings

Aanlyn-steun
en -motivering

Skop jou metabolisme
aan die gang

Verskeidenheid
koskeuses

Begin wanneer
jy wil

Die onverbeterlike draf-en-verslank-program

Skryf nou in en jy kry volledige toegang tot die program van 12 weke, asook ’n heerlike, gesonde eetplan. Daar is geen versteekte koste of ander kulkunsies aan verbonde nie. Met dié drafplan sal jy resultate sien.

Hoe die onverbeterlike draf-en-verslank-plan werk

Die program bevat ’n kilojoule-beheerde eetplan en ’n oefenplan wat vet verbrand. Die twee werk saam om verstommende resultate te verkry. Vinnig.

Die voedingsplan

Om gewig af te skud, moet jy slim koskeuses maak. As jy kos in die regte kombinasies eet, kry jou lyf die brandstof wat nodig is om hardnekkige kilojoules te verbrand.

Dit beteken nie jy moet van die honger en verveling omkom nie. Ons maklik volgbare voedingsplan is professioneel ontwikkel deur die geregistreerde dieetkunde-praktyk Shelly Meltzer & Associates, en leer jou hoe om beter te eet en jou lyf te transformeer in ’n magtige masjien wat vet verbrand.

Ons maaltydplan is prakties, bekostigbaar en so ontwerp dat jy dit met gemak vir die res van jou lewe kan volg.

*Hierdie plan sluit al die belangrike voedselgroepe in, maar is dalk nie ideaal vir mense met spesiale dieetbehoeftes weens maagkwale of kosonverdraagsaamhede nie. Stuur asseblief ’n e-pos na drafditaf@sarie.com as jy onseker is of die plan vir jou dieetbehoeftes voorsiening maak.

Die oefenplan

As jy wil verslank, gaan jy ver soek om ’n beter oefensoort as draf te vind – dit help jou kilojoules verbrand selfs terwyl jy rus.

Ons het saamgespan met Richard Woolrich, ’n gekwalifiseerde biokinetikus en uithou- en persoonlike afrigter, om jou die meeste uit jou drafprogram te help haal. Hy het ’n 12-weke-drafprogram ontwikkel wat jou jou droomlyf sal gee! Danksy slim beplanning werk dit vir almal, van beginners tot gesoute drawwers.

Waarom Draf Dit Af werk

Wetenskap
wen altyd

Vergeet die raad wat jy by “kenners” om die koffiekan kry – ons het met Suid-Afrika se top-kundiges saamgespan en hulle het hierdie plan op die beste verslankingsformule gegrond.

Alle
fiksheidsvlakke

Die plan is ontwerp om te werk, of jy nou net begin het en of jy al jare lank draf – jy sal resultate sien.

Beter
Leefstyl

Dis nie ’n korttermyn-oplossing nie. Die maaltydplan is ontwerp sodat jy in beheer kan wees van alles wat jy eet, en die oefenplan sal jou wys waartoe jy in staat is.

Jy sal
resultate sien

Die oefenplan is pret en die maaltye is lekker en maklik om te berei. Dis dalk ’n 12-weke-plan, maar dit bevat ’n leeftyd van goeie raad wat jou gesonder, maerder en gelukkiger sal maak.

Die onverbeterlike
draf-en-verslank-program

Skryf nou in en jy kry volledige toegang tot die program van 12 weke, asook ’n heerlike, gesonde eetplan. Daar is geen versteekte koste of ander kulkunsies aan verbonde nie. Met dié drafplan sal jy resultate sien.